Ervare Afrikaanse en Engelse onderwyseres met meer as 10 jaar ondervinding
Ek was vir 10 jaar n Afrikaanse onderwyseres in die privaat sektor. Ek het vir n privaat skool gewerk waarvan die kinders vanaf 5jaar tot 11 jaar oud was wat ek onderrig het. Ek het n Bed onderwys graad en studeer graag altyd iets by. Ek het ook onlangs besluit om bietjie n nuwe avontuur in die onderwys te betree en het begin om aanlyn skool te hou vir leerders wat graag taalmagtig wil word. Vir hierdie ongelooflike nuwe hoofstuk in my loopbaan as n passievolle juffrou het ek n TEFL kwalifikasie gedoen. Ek geniet dit baie om lesse op PowerPoint te beplan en so ook aan te bied. Ek is baie bekend met verskillende platforms waarop hierdie lesse gedoen kan word bv zoom, teams, google video env. As jy lip lekker Afrikaanse lesse wil beleef, laat my toe om jou ook op hierdie avontuur te neem. Sien uit om jou in my aanlyn klaskamer te ontmoet.
Nog geen resensies nie