Ervare Privaat Tutor (TEFL/TESOL):12+ jaar ondervinding & Honneursgrade in Afrikaans & Sielkunde (RAU/UJ)
Ek is 'n Christen, mamma, vrou, dogter, trotse Afrikaner, akademikus en psigometris met 'n diepgewortelde passie vir onderwys. My reis as 'n Afrikaanse opvoeder het tydens my derde jaar by RAU begin, waar ek FAL (First Additional Language) hoërskoolleerders gehelp het. Een van my suksesverhale is dat ek ’n leerder van Graad 8 tot haar matriek-eindeksamen gehelp het. Ek was daarna ook vir twee jaar ’n “Afrikaans as Akademiese Taal”-tutor (by UJ), waar ek hierdie vak vir eerstejaarstudente aangebied het om hulle sodoende te help om formele Afrikaans te bemeester en reg te gebruik. As 'n UJ psigometris het ek vir 14 jaar studente psigometriste, intern-sielkundiges en nuwe professionele personneel opgelei, en daardeur my kommunikasie- en mentorvaardighede geslyp. Ek het ook as 'n Graad 000 kleuterskooljuffrou by Jong Leerling Akademie gewerk. Die afgelope vyf jaar het ek meer as 77 individuele leerders gehelp as ’n privaat tutor. Ek het my Afrikaans Honneurs cum laude voltooi, gedryf deur my liefde vir my moedertaal en omdat ek myself as 'n lewenslange leerder sien. Onderwys loop in my bloed (my ma was ’n onderwyseres vir 22 jaar gewees), en ek dra haar unieke gawe voort met toewyding en akademiese uitnemendheid.
BA Geesteswetenskappe
Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) • 2000
120 Hour Advanced TEFL/TESOL Sertifikaat
TEFL Universal • 2024
Psigometris (Onafhanklike/Privaat Praktyk)
Health Professions Council of South Africa (HPCSA) • 2006
BA Honneurs Sielkunde
Universiteit van Johannesburg (UJ) • 2005
Nog geen resensies nie
BA Honneurs Afrikaans
Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) • 2002